Aletté-Johanni Winckler, die sanger Heinz Winckler se vrou, het gister dié oulike foto’s van hul gesin op Facebook gelaai.

“Die foto’s is al ’n rukkie gelede geneem toe babatjie, Reuben, twee maande oud was. Hy is nou vier,” vertel Aletté opgewonde.

Reuben se boeties, Lian (4) en Simeon (2), kom baie goed oor die weg met hom. “Partykeer sal Simeon ’n bietjie moedswillig wees,” lag Aletté. “Hy sal by Reuben kom staan en hom kielie en dan vir my sê: ‘Mamma, maar hy lag nie.’ Ek dink Reuben is nog ’n bietjie klein vir hulle.”

“Lian is dierbaar met hom; vreeslik liefdevol. Hy kom klim elke oggend by my in die bed en wil hom net die hele tyd soen.”

Hulle geniet dit nog baie om in Somerset-Wes te woon en het onlangs ’n huis gekoop. “Ons is so opgewonde daaroor. Maar ons gaan eers opknapwerk daaraan moet doen voor ons kan intrek.”

Die foto’s van die Winckler-gesin is geneem deur Salomien Small.

Winckler gesin (8)