En hoekom sou jy vra? Niks anders as om haar eie pappa se nuwe album aan te skaf nie!

Die sokkiekoning het ’n foto van Kyrah in sosiale media gedeel waar sy langs sy album in ’n musiekwinkel staan en huil.

"Maar Mamma ek WIL Pappa se cd hê!!!!" skryf hy. Aanhangers het natuurlik ook ingespring en kommentaar gelewer. Chantelle Snyman skryf: "Pappa KURT gee vir jou PRINSES ’n CD wat jy vir haar teken." Ene Charlotte skryf: "Ag dis te dierbaar! Sy is definitief pappa se grootste ondersteuner."

Dans baba dans!!

A post shared by Kurt Darren (@kurtdarren) on

En Wilma dink klein Kyrah is absoluut pragtig: "Kurt dis mos om ’n pa se hart te laat swel van trots. So ’n mooi klein liefie.

Pappa se engelkind?

A post shared by Kurt Darren (@kurtdarren) on

Kom nou, Kurt! Koop vir haar ’n album!