Met sy blonde hare en blou oë wat in jou siel wil inkyk, het Armand Hofmeyr menige meisie aan sy voete wanneer hy ’n verhoog bestyg.

Maar as daar nou iemand is wat die manne laat swymel, is dit Armand se sussie Nastassja Moller. Dié 21-jarige jonger sussie van Armand (26) is ’n model en woon op Hermanus in die Suidwes-Kaap. Armand en Nastassja se ma is Ansie van Heerden. Hulle het nog ’n sussie, Geraldine. Armand, wie se pa die sanger Steve Hofmeyr is, se ander suster en broers is Charissa, ’n Engelsonderwyseres in die Suid-Koreaanse hoofstad, Seoel, Devon, ’n akteur, en Sebastian en Benjamin.

Nastassja neem tans deel aan die Cell C-wêreldswembroekkompetisie. Armand het onlangs op Facebook gevra dat mense vir sy “pragtige sussie” stem.
Kyk ’n mens na Nastassja se Instagram-blad, kan jy sien sy sal ’n waardige draer van dié kroon wees.

Sewe goed wat ons van Nastassja weet:

1. Sy gaan nie saam met die stroom nie.
2. Sy is lief vir partytjie hou.
3. Sy is mal oor diere.
4. Daar is drie dinge in die lewe waarvan sy hou: om gelukkig te wees, vinnige motors en spoed.
5. Sy is baie lief vir haar kat.
6. Sy het ’n swakheid vir sjokolade, soesji en vla.
7. Sy is 1,73 m lank en haar mikpunt is om 56 kg te weeg.