Candice Swanepoel en Behati Prinsloo Levine het baie gemeen: Albei is Victoria’s Secret Angels, albei het in Suider-Afrika grootgeword en nou verwag hulle ook saam.

Candice, oorspronklik van Suid-Afrika, en Behati, van Namibië straal behoorlik; albei is glo sowat vier maande swanger. Die 27-jarige Candice het ’n foto gedeel van haar maag. Haar verloofde, Herman Nicoli, se hand rus daarop. Sy het die Portugese spreekwoord “agora vai ser” (“nou sal dit wees”) en die hutswoord #barrigapositiva (“positiewe magie”) daarby gevoeg. Candice praat ná 10 jaar saam die half-Brasiliaanse model vlot Portugees.
Sy het later “Baby Angel” en ’n reënboog van harte bygevoeg. Sy het die plasing opgevolg met ’n foto van haar en Behati tydens ’n fotosessie en die woorde: “Gelukkige lentedag, almal!”
Behati (26) het twee weke later bekendgemaak sy is swanger nadat haar man, die musikant Adam Levine, ’n foto gedeel het van sy supermodelvrou in ’n helderrooi bikini met ’n baie duidelike boepie. Lees ook: Behati Prinsloo se trotse pa vertel hy kan nie wag om oupa te word nie!

My two favorite laker fans.

A photo posted by Adam Levine (@adamlevine) on

By die plasing het hy geskryf: “My twee gunsteling-Laker-ondersteuners.” Die rockster het vroeër die maand gepraat oor hoe opgewonde hy is oor pa word.

So far so good

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

“Dis wonderlik. Ek gaan ’n pa wees. Hel, ek’s opgewonde,” het hy gesê. “Ek gaan ’n bleddie pa wees. Ek gaan Behati bederf.” In ’n onderhoud met Vogue in 2014 het Candice ’n bietjie insig gegee oor watter soort ma sy dalk sal wees.

Lua faz O nosso sentimento Libertar o amor

A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

“Dis moeilik om presies te sê waarna ek soek, maar ek weet my dae van in groot stede wees is getel. Wanneer jy soos ek op ’n plaas grootword, gaan jy altyd terug na daardie gevoel – en veral met hoe die wêreld deesdae daar uitsien, soek ek vars lug en iewers wat ek voel ons nie ruïneer nie. Dis skrikwekkend om te dink hoe my kinders eendag gaan grootword.”

“Met sosiale media en alles praat kinders nie eens met mekaar nie. Dis ’n baie ander lewe. My kinders, die arme bloedjies, gaan iewers op ’n plaas wees met my wat sê: Geen videospeletjies nie! Geen TV nie!”

Bronne: Vogue, MailOnline, E!Online

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Hy beweeg nie eintlik nie’ – Pa se noodkreet ná hy sy huilende baba dood skud

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: AB de Villiers se vrou, Danielle, het ’n verborge talent en ons is gek daaroor!

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!

Kyk net wat vang dié vrou met haar werkgewer se sap aan!