In die skreeusnaakse greep klim Bruiser, die spelerige Siriese grysbeer – wat op slegs 18 maande ouderdom reeds 181 kg weeg – teen die leer by sy swembad op en plons dan in om af te koel.

Hy klim daarna met moeite uit en skud die water uit sy pels – maar dan besluit hy skielik om nog ’n kans te waag, hardloop teen die leer op en plons met mening terug in die water.

Bruiser bly in die Single Vision Inc-wildreservaat in Melrose, Florida.

Carl, die stigter van die reservaat, het die video van die spelerige beer op die Facebook-blad van die organisasie geplaas.