A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

Minder as ’n maand gelede was dié donkerkop nog in die kollig oor haar “nuwe hare” wat sy blond moes kleur vir haar rol in die fliek Johnny is nie dood nie.

Sy stel duidelik nie haar persoonlike voorkoms bo haar werk nie. Op Facebook vra die aktrise haar volgelinge wat hulle van haar jongste kapsel voel.

“Ek moes my hare vir my nuutste film rol afknip. Dis 'n reuse-verandering, my hart het amper gaan stilstaan,” skryf sy.