Die foto van die vyfjarige Omran Daqneesh, besmeer met bloed, toe van die stof en duidelik absoluut geskok na ’n lugaanval op sy huis in Aleppo, Sirië in Augustus verlede jaar, is miljoene keer op sosiale media aangestuur.

Die hartverskeurende beeld het ’n wêreldwyd woede en verontwaardiging teenoor die oorlog ontketen.

Nou, byna ’n jaar na die verwoestende bombardering waarin Omran se 10-jarige boetie Ali dood is, het sy familie ’n onderhoud met die Lebanese TV-stasie Al-Mayadeen toegestaan.

In die video lyk Omran gesond en gelukkig waar hy op sy pa se skoot sit en vir die kamera glimlag. Hy staan ook op en waai die Siriese vlag.


Joernalis Kinana Allouche het ook ’n foto van Omran gedeel met die titel “Die kind Omran, die wat probeer het om Siriese bloed te stort het die nuus mislei dat hy deur die Siries-Arabiese Leër aangeval is. Hier woon hy nou in die Siriese staat saam met sy leër, sy leier en sy mense.”

Kyk na die volgende onderhoud:



Bronne: Metro UK, Twitter, Ruptly TV