Chereé spog nou al meer as ’n jaar met haar nuwe voorkoms danksy die tydskrif Finesse se Nuwe Jy-veldtog waarmee sy in 2015 begin het. Tóé het sy reeds ’n verstommende 23 kg afgeskud. “Ek moes ’n totale leefstylverandering maak,” het Chereé al aan Huisgenoot vertel. Haar mikpunt was om soveel te weeg soos die dag toe sy met haar ewe talentvolle sangerman Wynand Strydom in 2010 getrou het. Deesdae trek Chereé sommer maklik ’n bikini aan. Tydens ’n fotosessie in Zanzibar het sy met haar bikini-lyf gespog.

Sy oefen ook graag.
Die paartjie woon in die weskus met hul kroos, Bella-Joy (4) en Taylor-Hope (6).

A photo posted by Cheree Strydom (@chereestrydom) on