Christo, wat verlede jaar deur die tydskrif Forbes as die rykste man in die land aangewys is, en sy gesin hou tans oorsee vakansie en danksy sy dogter Clare Wiese-Wentzel kon ons virtueel saam reis! Clare, wie se nuwe kykNET-reeks Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel in Oktober die kassie tref, het kiekies van hul vakansie op sosiale media gedeel. En ons is omtrent groen van jaloesie!

Die Wieses het onder meer op ’n seiljag in Cannes op die Franse Riviera uitgespan.

Thank you #myladysara for an unforgettably special time with the famiglia #gratefulheart #med #sun #vitaminsea

A post shared by Clare Wiese-Wentzel (@clarewiesewentzel) on

En dit lyk mos of Clare sommer hope pret gehad het!

Currently ?? #gettingourbronzeon #myladysara #dontwannaleave #ever #summerholiday #sun #happyplace #yacht

A post shared by Clare Wiese-Wentzel (@clarewiesewentzel) on

Kyk net haar prentjiemooi uitsig vanuit die bad!

Bathtime views ?? ???? #med #summer #holiday #myladysara #cannes #cotedazur

A post shared by Clare Wiese-Wentzel (@clarewiesewentzel) on

Clare saam met haar stylvolle ma, Caro.

I love you I love you I love you!!! #mammacaro #beyondblessed #onlyoneofyou ???? #weneedtogetyouaninstaaccount

A post shared by Clare Wiese-Wentzel (@clarewiesewentzel) on

Clare en haar man, die gewese rugbyspeler Marco Wentzel, het ook in die prentjiemooi hawedorpie Portofino op die Italiaanse Riviera uitgespan. 

Date night ?? #imstillaspaleasaghost #myhusbandhasapermatan #portofino #ristorantepuny

A post shared by Clare Wiese-Wentzel (@clarewiesewentzel) on

Haar ouers, Christo en Caro, het daar hul wittebrood gevier, het sy op Instagram laat val.

Portofino in all its sunshiny glory ????????#lunchtime #hotelsplendido #wheremyparentshadtheirhoneymoon #familyvacay

A post shared by Clare Wiese-Wentzel (@clarewiesewentzel) on

Clare en haar man, Marco, het ook in Anjuna Beach aangedoen.

Haar suster, Christina, het ook saam gereis. Die twee het ’n hegte band en is ook beste pelle. Hier geniet die beeldskone susters ’n glas wyn op 'n seiljag in Monaco.

Clare en Marco was ook in Londen om die Wimbledon-eindstryd te kyk.

Sy't tot die Hollywood-akteur Bradley Cooper bekruip!

Clare se broer, Jacob, en sy vrou, Ty, was ook by Wimbledon.

Love of my life???????????? #cleansupnice #wimbledon #london #longhair #wigs #bcbgmaxazria

A post shared by Ty Wiese (@tytywiese) on

Die paartjie verwag tans hul eersteling.

Voor die Wieses oorsee is, was Clare druk besig met die verfilming van haar nuwe kykNET-reeks Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel. Ons kan nie wag om die eindproduk te sien wanneer dit later vanjaar die kassie tref nie!