??

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Graeme (36) en Morgan se vierjarige dogter en driejarige seun is saam met hul ma in haar geboorteland, Ierland. Die Ierse popsangeres (32) is in Desember ’n paar uur lank deur die polisie aangehou nadat haar visum in September die vorige jaar verstryk het.

Die saak is egter in Februarie vanjaar teruggetrek. Sy het toe vroeër vandeesmaand in die sosiale media laat val sy het weer ’n Suid-Afrikaanse visum en is op pad Ierland toe.

Morgan is duidelik in die sewende hemel om weer in haar tuisstad, Cork, te wees. Sy kon nie wag om die klerewinkels in te vaar nie.

Oh how I've missed you ..... shopping in Europe ?????????

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Haar dogter verken haar ma se tuisstad ook alte lekker. Sy het nes ’n klein Ierse dansertjie in die strate gedans.

Our little Irish Dancer ?? jigging all over the streets of Cork today ??

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Morgan het vroeër aan Netwerk24 vertel sy het haar sibbes twee jaar laas gesien. "Dit gaan ’n emosiebelaaide ervaring wees wanneer ek terug is in Ierland. So baie het gebeur," het sy vertel. En kyk 'n mens so na hierdie foto op haar Instagram-blad, is dit duidelik sy en haar broer is oorstelp  van vreugde om mekaar weer te sien.


Catching up with my bro ???????

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Morgan en haar kinders, wat in Kaapstad woon, het Sondag na Ierland vertrek en gaan glo ses weke daar by haar familie kuier.


Last night..... ????

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Ekstra bron: Netwerk24