Juca Csíkos Andrásné (27) het “eie-tyd” gevind deur haar dogters by haar daaglikse oefenprogram te betrek. 

Die ma van drie het vir die eerste keer tuis begin oefen toe haar tweeling, Janka en Alíz, sewe maande oud was, met die doel om die nageboortedepressie te beveg.

Nou oefen sy drie keer per week 30 minute lank met ’n vernuftige en opbeurende program wat haar dogters insluit terwyl hulle hul eie bewegings met hul poppe oefen.

Juca, van Hongarye, vertel: “My man het my geïnspireer. Hy wou hê ek moes ’n stokperdjie kry wat ek by die huis saam met my dogters kon doen. Ná die eerste swangerskap was ek verskriklik depressief. Dit was my eerste keer, ek was ’n beginner, ek het nie hulp by die huis gehad nie en ek was net 24 jaar oud. "

“Toe begin ek die oefeninge doen, en kry meer en meer volgelinge met my idees. My drie dogters is my beste inspirasie."

Juca Csíkos Andrásné betrek haar dogters by haar daaglikse oefenprogram. Foto: Magazine Features

“Partykeer, wanneer ek nie lus voel vir oefen nie, sal ek na hulle kyk en eenvoudig begin om hulle as gewigte te gebruik deur hulle op te tel of plankwerk met hulle te doen."

“Nou vra my tweeling my selfs watter oefeninge ons vandag gaan doen.”

Juca plaas video’s aanlyn om ander moeders te inspireer en sy het ook al meer as 70 000 volgelinge op @active_mum_life.

 “Almal het ‘eie-tyd’ nodig,” sê sy.

“Ek wil hê ma’s moet weet as hulle ’n stokperdjie kry waarvan hulle baie hou, sal hulle self beter voel. Ek het my heerlike stokperdjie saam met my kinders gevind. Jy hoef nie gim toe te gaan nie. Jy kan by die huis ook fiks wees.”