Dié driestuk, Tayden, Kaeley en Jade, is al ’n volle nege jaar oud en het boonop die grootste hart.

Nianell het die afgelope naweek ’n mooi boodskap, wat enige ouerhart sal vermurwe, by ’n foto van haar kleingoed op Instagram gedeel. “Wat ek die meeste van my drie dogtertjies bewonder, is hoeveel hulle omgee en hoeveel deernis hulle het . . . vir mekaar . . . vir plante, diere en mense,” het sy geskryf. “Gisteraand het ek gestruikel en geval en al drie het opgespring om my te kom help. Is jy oukei, Mamma?! Hulle het my opgehelp . . . selfs ’n kussing onder my seer voete gesit. “Dit gee my hoop vir die wêreld. Kinders wat omgee.”

Die Who Painted the Moon-sangeres se drieling het Saterdag 30 Julie nege geword en sy haar bors het behoorlik geswel van trots en talle foto’s van haar dogters met haar volgelinge gedeel.

Today we've started with the ThetaHealing course Rainbow Children. This course assist all the special children and young adults and all of us that wants to help heal this world. I can't wait to get back home and teach my children all the new life changing skills Im learning over here in Montana at the Think Institute. Thank you again Vianna Stibal for sharing your wonderful gifts and knowledge with all of us. If you have a gifted child, keep an eye on my web site....Ill be teaching Rainbow Children soon in South Africa. #love #nianell #friends #greatness #music #singer #perform #blessed #beats #lfl #musician #artist #justbe #smile #caring #likeforlike #walmart #student #bigfork #thetahealing #montana #smile #love #vortex

A photo posted by Nianell (@nianellmusic) on

Dit lyk ook asof die ster haar drie “katjies” baie mis wanneer sy die pad aandurf om haar passie uit te leef.