“Ek is mal oor enigiets met wiele en ’n enjin,” sê Theodore.

[caption id="attachment_126008" align="aligncenter" width="600"]Dis mos sulke lyne wat 'n man se hart vinniger laat klop. (Foto: Facebook) Dis mos sulke lyne wat 'n man se hart vinniger laat klop. (Foto: Facebook)[/caption]
Hy en sowat 200 motorfietsryers het die afgelope Sondag (15 Mei) hul ysterperde opgesaal en die strate van Johannesburg ingevaar vir die K.I.D.S. Blanket Run. “Harley-Davidson hou elke jaar die Blanket Run om komberse vir minderbevoorregtes in te samel,” sê hy. “Die reën het hierdie jaar baie van die ryers afgeskrik. Verlede jaar was daar oor die 2 000 motorfietsryers.”

Die ryers het Sondag van die Harley-Davidson-winkel in Rivonia vertrek en na die Hard Rock Café in Sandton gery en onderweg komberse by mense versamel.

[caption id="attachment_126009" align="aligncenter" width="600"]“Harley-Davidson hou elke jaar die Blanket Run om komberse vir minderbevoorregtes in te samel,” sê Theo. (Foto: Facebook) “Harley-Davidson hou elke jaar die Blanket Run om komberse vir minderbevoorregtes in te samel,” sê Theo. (Foto: Facebook)[/caption]

“Dit raak winter en mense kry koud, man. Ons het genoeg komberse ingesamel om baie mense warm te hou hierdie winter.”

Theodore ry al drie jaar motorfiets en het ’n Kawasaki Vulcan.

[caption id="attachment_126011" align="aligncenter" width="600"]Kyk net so vir Sewende Laan se Zander... (Foto: Facebook) Kyk net so vir Sewende Laan se Zander... (Foto: Facebook)[/caption]

“Ek het al so twee keer in die reën met my motorfiets geval, maar ’n mens moet val om te leer,” sê hy.

Theodore beplan om volgende jaar vir hom ’n Harley-Davidson te koop.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Meisie smeek om na selfdoodkliniek geneem te word elf jaar ná geheimsinnige goggabyt

Die smeulende Justin Serrao se weergawe van Kinders van die Wind sleur luisteraars mee

Foto van ’n pa wat sy siek seun troos word herhaaldelik van Facebook verwyder

Pieter Koen en Cordelia wil harte verower met dié liedjie

Sinead O’Connor ongedeerd gevind ná polisiesoektog