Renosters is bekend vir hul onvoorspelbare en soms aggressiewe gedrag. Op 11 Junie het ene Sam na ’n vreemde “rots” beduie. Toe kry die sogenaamde rots lewe en bestorm hul voertuig al snorkend.

Ons vermoed die swart renoster het net besluit dis tyd om die fotograaf ’n goeie skrik te gee. Hy het sy stormloop kort duskant hul voertuig eensklaps beëindig.

Sam vertel aan Latest Sightings dat hy sy selfoon (waarmee die video vervaardig is) laat val het omdat Andrew op sy skoot gespring het.

“Ons het aan’t giggel gegaan en die renoster aan sy eie knorrigheid oorgelaat.”

Bron: latestsightings.com