Die Protea-krieketkaptein, AB de Villiers, se vrou, Danielle, is omtrent gelukkig. Al hou AB se krieketprogram hom druk besig, maak hy steeds tyd om haar te bederf. Om die waarheid te sê, AB is duidelik romanties verby!

“Vandag het ek die beste geskenk ontvang wat enigiemand my nog gegee het,” het Danielle gister op Instagram onthul. “Ná twee aparte aflewerings verlede week op Valentynsdag, kerse en hope rooi rose, het ek gehoor nog is op pad. En vandag het drie groot bokse vol herinnerings aangekom.”

Dié “herinnerings” is kiekies van onder andere die paartjie saam en hul eersteling, die 19 maande oue AB. “Ek is mal oor foto’s,” vertel Danielle in die inskrywing. “Ek hou daarvan om my huis se mure in te kleur met foto’s van die mense naaste aan my hart, so dit is net volmaak. My man ken my te goed! Jy is my perfekte pasmaat, @abdevilliers17.” Te oulik!

AB het vroeër vanjaar by ’n sportgeleentheid onthul hul gesin brei een van die dae nog uit. Danielle verwag tans hul tweede kind.

Ons hou nou asem op om te sien of klein AB ’n boetie of sussie ryker gaan word. Een ding is seker: Die kleinman se pa maak hom klaar reg vir die krieketveld. Die mannetjie lyk reeds gemaklik met ’n kolf in die hand!

Eager beaver

A post shared by AB de Villiers (@abdevilliers17) on

Coverdrive 101

A post shared by AB de Villiers (@abdevilliers17) on