Dié hotel van R40 biljoen is in aanbou en gaan na verwagting sy deure in 2017 open. Die totale vloeroppervlak van die nuwe kasarm sal meer as 1,4 miljoen m² wees.
Die kompleks sal hoog toring bo-oor die Masjid al-Haram, Mekka se allerheiligste moskee.

Die kompleks sal hoog toring bo-oor die Masjid al-Haram, Mekka se allerheiligste moskee. Etlike historiese geboue in Mekka is gesloop om plek te maak vir dié nuwe, reuse gebou. Die Abraj Kudai sal byna 4 000 meer hotelkamers hê as die een wat tans die grootste ter wêreld is, die MGM Grand Hotel in Las Vegas. Dit het 6 198 kamers. Van die topvyf grootste hotelle ter wêreld is vier in die swierige stad van rykdom en oorvloed in die Mojave-woestyn in Amerika. Die ander een is in Maleisië.

Mekka lok jaarliks miljoene Moslem-gelowiges wat die heilige stad besoek as deel van Hajj, ’n verpligte pelgrimstog wat elke Moslem in ’n stadium in sy of haar lewe moet meemaak.

Bronne: CNN; Telegraph.co.uk