Ons ken hom as die gesoute teater-, TV- en rolprentakteur bekend vir sy rolle in onder meer ’n Man Soos My Pa en as Gideon in Binnelanders. Maar het julle geweet Neels van Jaarsveld is ook ’n kranige gholfspeler? Dis nie al nie; hy rap ook!

Dis maar een Suid-Afrikaanse bekende met besonderse talente waarvan sy of haar aanhangers dalk salig onbewus is. Maar hul diepste talentgeheime kom gou op die lappe as mens hulle op sosiale media volg, want hoekom sal Armand Aucamp dan nou nie foto’s van sy lipleklekker (en welbekende!) Keto-koekies met sy aanhangers deel nie?

Neels van Jaarsveld speel gholf en rap

Die akteur Neels van Jaarsveld wys nie net gereeld sy talente op die kassie nie; hy is ook ’n bobaas-gholfspeler wat byna elke vrye oomblik ’n paar balle slaan.

Neels geniet dit om die land vol te reis en op al wat ’n baan is met sy voorgee te spog.

Maar dis nie al verskuilde talent wat dié ster van flieks soos Knysna en Die Pro het nie. Neels het nog ’n kreatiewe uitlaatklep en hy noem dit sophistorap.

Neels was in ’n stadium deel van die musiekgroep Enormous Dwarves met ander passievolle mense soos Adriaan Basson, die redakteur van Netwerk24.

Neels droom nou daarvan om sy eie rap-album uit te reik.

Tanya van Graan en Snotkop skilder

Die aktrise en model Tanya van Graan is nie net ’n mooi gesig nie; sy is ook ’n bedrewe kunstenaar wat graag in haar vrye tyd skilder. Dié voormalige Sports Illustrated-model se Instagram is vol van haar kunswerke, meestal van vroulike figure, maar ook ’n paar landskapstonele.
Nog ’n onverwagte kunstenaar is die Afrikaanse sanger en rapper Snotkop. Min mense weet dat Snotkop, wie se regte naam Francois Henning is, op sy beste ontspan met ’n verfkwas in die hand. “Dis vir my ongelooflik belangrik om myself kreatief uit te druk,” het hy aan Huisgenoot gesê. “Dis wanneer ek gelukkig is. Om musiek te maak is deel daarvan, maar om te skilder is ’n ander vorm daarvan. Dis iets wat ek net vir myself doen. Wanneer jy sing, sing jy tog vir jou gehoor. Dis so lekker. Maar wanneer ek skilder, is dit anders. Hier word ek nie aangesê hoe om dit te doen of wat om te teken nie. Dis net ek.”

A photo posted by Snotkop (@snotkop) on

Armand Aucamp bak (Keto-)koekies

Die sexy Armand Aucamp wat deesdae te sien is in die nuwe dramareeks Die Boekklub, is nie net ’n bobaas-akteur nie. Met sy perfekte lyf en mooi voorkoms is dit eintlik te verstane dat dié ster ook ’n kranige navolger van gesondheidstendense is. En hoe dan beter om jou gesondheidswenke oor te dra as om jou koekiebakvaardighede aanlyn te deel?

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

Armand se koekies is deel van die Keto-dieet, wat soortgelyk is aan banting, maar net strenger as wat koolhidraat-inname betref. “Met my soort werk is dit belangrik om jou voorkoms dop te hou,” vertel hy. Maar die probleem is, meen hy, hy sukkel met ’n groot suikertand. Daarom geniet hy die Keto-dieet terdeë, want dit help hom gesonde alternatiewe vir suiker kry en in sy koekies te gebruik.

Die skrywer van The KetoDiet Cookbook, Martina Slajerova, het Armand se Keto-koekieresep op Instagram raakgesien en gedeel. Dit het Armand byna oornag ’n Keto-bekende gemaak. “Ek het ’n nuwe passie ontdek, en dis baie lekker.”

Willem Botha neem foto’s

Die sanger Willem Botha hou deesdae sy lyf ook akteur in die tweede seisoen van Sterlopers, maar dié veelsydige plaasseun van Riversdal se wêreld het nog ’n besonderse talent.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

“My fotonemery het as stokperdjie begin,” vertel hy aan Huisgenoot, “en toe begin ál meer bekendes my vra om hulle af te neem.” Van daar af het Willem al foto’s geneem van talle bekendes, onder andere die sangeresse Sorina Erasmus en Leah, en op Instagram gedeel. Hy het selfs die omslagfoto geneem vir Die Flooze se nuutste album, Wonderwerk.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

“Ek het geen opleiding nie,” verklap hy. “As ek onseker is oor iets, soek ek dit op YouTube.” Tydskrifte gebruik ook gereeld van sy foto’s.

Bobby van Jaarsveld se groen vingers

Die sanger van sulke treffers soos Spieëltjie Spieëltjie, Bobby van Jaarsveld, het ook al sy hand aan toneelspel gewaag, maar dis sy ander verskuilde talent wat nou die aandag trek.

Bobby het onlangs ’n foto op sy Instagram gedeel waarin hy spog met die groot opbrengs uit sy groentetuin.

“Dames en here, skeur jou klere!” het hy trots uitbasuin. “Dis alles uit my eie groentetuin uit. En ek het die groente ’n maand gelede geplant!”

Dié sanger en akteur kon duidelik nie uitgepraat raak oor al die “appels, pere, pruime, granate, basilie, salie, kopkool, spinasie, beet, uie, ment, soetrissies, tamaties, boontjies en origanum” wat hy self gekweek het nie.

Ons is beïndruk, Bobby!

Lees ook:

Bekendes wys met dié foto’s hulle is ook maar net mense

Moet hare waai? SA bekendes sê of hulle dink lyfhare aan mans moet bly of gly