Dit is duidelik waar prinses Charlene van Monaco se lojaliteit lê as dit by rugby kom! Haar bloed is vir seker groen (en goud).

Die Suid-Afrikaans gebore prinses en voormalige Olimpiese swemmer het nie net die koppe laat draai by die afgelope naweek se Wêreldrugbytoekenningsgeleentheid nie, sy het ook voor die geleentheid die Bokke se harte vinniger laat klop toe sy die manne tydens hul kapteinsoefening met haar teenwoordigheid bederf het.

[caption id="attachment_145709" align="alignnone" width="605"]Foto: Palais Princier de Monaco Prinses Charlene van Monaco kuier saam met die Bokke in Engeland. Foto: Palais Princier de Monaco[/caption]

Die Bokke het Saterdag op Twickenham in Londen teen die Engelse Rose te staan gekom (ons praat liewers nie oor die uitslag nie!).

[caption id="attachment_145708" align="alignnone" width="600"]Foto: Palais Princier de Monaco Ons weet nie wie is die meeste in sy/haar noppies op hierdie foto nie! Foto: Palais Princier de Monaco[/caption]

Die Bokke het op hul beurt seker gemaak die prinsdom se lojaliteit bly staan deur haar en prins Albert se skattige tweeling, prinses Gabriella en prins Jacques, met hul eie spesiale Bok-truitjies met hul name op te trakteer.

[caption id="attachment_145710" align="alignnone" width="599"]Te skattig! Prinses Charlene en die Bok-kaptein, Adriaan Strauss, wys die oulike truitjies vir die bloubloed-tweeling. Foto: Palais Princier de Monaco Te skattig! Prinses Charlene en die Bok-kaptein, Adriaan Strauss, wys die oulike truitjies vir die bloubloed-tweeling. Foto: Palais Princier de Monaco[/caption]

En asof dit nie genoeg was om saam met die Bokke te kuier nie, het prinses Charlene talle aanhangers groen van jaloesie gehad toe sy boonop langs “die vyand” gesit het en saam met die aanvallige prins Harry na die toets gekyk het.

[caption id="attachment_145713" align="alignnone" width="600"]Oe-la-la! Ons sou wat wou gee om langs die sexy prins Harry te sit en rugby kyk. Foto: Palais Princier de Monaco Oe-la-la! Ons sou wat wou gee om langs die sexy prins Harry te sit en rugby kyk. Foto: Palais Princier de Monaco[/caption]