n Skreeusnaakse Twitter-rekening @CorrectNames het presies net dit gedoen: Name uitgedink wat by verre meer beskrywend is, en hulle is in die algemeen boonop bitter snaaks.

Terloops, die kans is goed dat jy in die toekoms dalk self ’n paar van die “korrekte” name bo die oorspronklike name gaan inspan.

Twaalf van die bestes

Dit is wat gebeur wanneer ’n sneeuman bloed skenk.

’n Goeie boek en gesonde verbeelding = woordfliek.

Selfs al het jy dalk nie meer die oorspronklike weergawe nie, kan selfs plaasvervangers jou in staat stel om die regte porsie af te knip.

Vir sommige is dit slange wat tot nagmerries lei, vir ander is dit hierdie vlieënde “nagmerriemuise”.

Reeds van kleins af word daar met Lego gebou, huise inkluis. Dan is dit vanselfsprekend om bakstene huis-Lego te noem.

Kyk net hoe fyntjies is dié makker uitgevat.

Hierdie eendhondjie gaan jou hart verower.

Jou hande word immers ingespan om ’n greep op iets te kry.

Bome verloor hul blare; dan kan voëls dieselfde doen.

Een van die wonderlikste skepsels in die see – ’n sonvis. En hy is so plat soos ’n pannekoek.

Wiskunde is nie vir almal ewe maklik nie. Maar danksy hierdie foto gaan die groter as-simbool jou nooit weer ontwyk nie.

Snoesig en sag, net soos ’n landwolkie . . .