Die hond van ’n vrou van Nashville het die sosiale media op horings geneem.

Leslie Mosier (24) is die eienaar van die vierjarige Doug, ’n mopshond wat meer as 2,3 miljoen volgelinge op Instagram het, berig Evening Standard.

 

"?All I want for christmas is food and maybe some gift cards to buy food?" -Doug

A photo posted by Doug The Pug (@itsdougthepug) on

 

"Will work for donuts" -Doug

A photo posted by Doug The Pug (@itsdougthepug) on

Leslie, wat eers in bemarking gewerk en daarna ’n grafiese ontwerper geword het, kon nie glo toe ’n video van Doug meer as 20 miljoen keer op Facebook gekyk is nie.

Sedertdien trek sy vir Doug in allerlei kostuums aan en neem foto’s van hom.

En Doug het meer as 2,1 miljoen volgelinge op Instagram.

 

"That moment when u realize u drunkenly ordered everything on Amazon" -Doug

A photo posted by Doug The Pug (@itsdougthepug) on

Doug het glo sy eie klerekas en ateljee by Leslie en haar vriend, Rob, se huis. Die ateljee het ook ’n groenskerm wat vir video’s en foto’s van Doug, met spesiale effekte, gebruik word.

“Hy is ’n baie gelukkige hond en ons behandel hom soos ’n prins. Hy is net vyf minute in sy kostuums en daarna doen hy net wat ander honde doen.”

Volgens Leslie trek hy oral aandag en herken mense hom dikwels as hulle gaan stap. Sy sê egter sy skroom nie om interaksie met ander mense kort te knip as Doug begin moeg lyk nie.

 

"I'm not a fan of things that require physical activity" -Doug

A photo posted by Doug The Pug (@itsdougthepug) on

 

Doug kan ook soos die One Directions-sanger Harry Styles lyk as hy wil.

 

The pug version of @harrystyles

A photo posted by Doug The Pug (@itsdougthepug) on

Hy het ook al ’n Harry Potter-kostuum aangetrek.

 

"Harry Pugger is finally going to Hogwarts" -Doug

A photo posted by Doug The Pug (@itsdougthepug) on