Hierdie skoonheid van die Bitse modelwêreld, wat vervreemd is van haar man, Jamie Hince, het velede Saterdagaand ’n mediastorm ontketen nadat die eienaar van ’n restaurant in Venisië beweer het hy het gesien hoe Nikolai tydens ’n romantiese aandete in Junie voor Kate kniel om die jawoord te vra.

"Hy het uitgeroep 'ti amo (Ek het jou lief)', en toe gekniel," het Giovanni Fracassi aan Mirror.co.uk vertel. "Dit was baie romanties.

"Hy het toe ’n ring uitgehaal en wat vreemd was, was die feit dat hy gesê het dit is bedoel vir ná haar egskeiding. Hulle was baie verlief en sy het só gelukkig gelyk, ek het haar nog nooit tevore so gelukkig gesien nie.”

Fracassi het onthul die tafel was onder ’n vals naam bespreek en beweer verder die paartjie het beplan om in een van die kerke in die stad te trou.

Moss se verteenwoordigers het nog nie kommentaar gelewer op die gerugte nie, maar Kate het nie veel gedoen om die skindertonge te kalmeer nie.

Volgens DailyMail.co.uk is die foto’s van die model verlede Woensdag in Londen geneem.

Kate en haar man, Jamie, die rocker van The Kills, is verlede jaar uitmekaar nadat hulle vier jaar getroud was. Sy wou destyds geen kommentaar gelewer oor waarom hulle skei nie.

Kort daarna het sy in ’n romanse met Graaf Nikolai von Bismarck betrokke geraak. Hy is op 29-jarige ouderdom 13 jaar jonger as sy.

Die paartjie het die afgelope jaar oor en weer gekuier ná hulle na bewering jare gelede deur Nikolai se ma, die sosiale vlinder Debonnaire, aan mekaar voorgestel is.

As die nuus oor die troue waar is, sal dit die tweede keer wees wat Kate in die kerkpaadjie afstap. Maar die ster, wat ’n 13-jarige dogter, Lila Grace, by die uitgewermagnaat Jefferson Hack het, sal eers ná haar en Jamie se egskeiding die knoop met Nikolai kan deurhak.

© Cover Media