Dit eggo die ikoniese (en omstrede) voorblad met die aktrise Demi Moore in 1991. Dié voorbladfoto is ook deur die werêldbekende Annie Leibovitz geneem en is onlangs deur Time Magazine as een van die 100 mees invloedryke foto’s van alle tye bestempel.  

In dié artikel word die verhaal van Serena (35) se verhouding met haar verloofde, Alexis Ohanian, in diepte omskryf. Alexis (34) is die medestigter van die gewilde sosialemediaplatform Reddit.

Everything.

A post shared by Alexis Ohanian ?? (@alexisohanian) on

Die paartjie het in Desember 2016 by ’n hotel in Rome, Italië, verloof geraak nadat hullle mekaar ’n jaar en half tevore by dieselfde hotel ontmoet het. Hul eerste afspraak was ’n ses ure lange romantiese wandeling in Parys in Frankryk.

#tbt to "the day"

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

Volgens die tydskrif was dit ’n groot skok vir Serena, wat deur die tydskrif as die beste tennisspeler ter wêreld beskryf word, toe sy in Januarie 2017 uitvind sy is swanger. Ten spyte daarvan het sy besluit om steeds aan die Australiese Ope deel te neem. Sy het die toernooi gewen en daarna uitgevind sy is reeds nader aan agt weke swanger, en nie drie tot weke nie, soos aanvanklik vermoed is.

Tans is Serena al ses maande swanger. Die paartjie beplan om volgende jaar te trou.  

Sy was onlangs weer in die nuus nadat die tennislegende John McEnroe gesê het Serena (tans nommer 1 in die wêreld in die vroueliga) sou ongeveer 700ste in die wêreld wees as sy teen mans moes meeding.

Serena het haar tot Twitter gewend en John beleef gevra om haar naam uit sy bespiegeling te los.

Volgens Vanity Fair beplan Serena om in Januarie 2018 weer beroepstennis te begin speel. 

Bronne: Vanity Fair, BBC