Dit is die agtergrond van Lianie May en Jay se nuutste musiekvideo, Naweek Lyfie, wat vandag uitgereik word. Die musiekvideo, met ’n regte Wilde Weste-tema, is onlangs in die Kimberley-mynmuseum se gerestoureerde dorpie verfilm en is ook as bonus op Lianie se nuwe, gelyknamige CD ingesluit wat nou op die rakke is.

Kyk ook in Huisgenoot se uitgawe van 1 Mei, wat nou te koop is, na die lekker aksiefoto’s van die twee wat tydens verfilming agter die skerms geneem is.