“Ek aanvaar nie die soort beeld van skoonheid wat deur kommersiële belange geskep word nie en wil aandui wat ware skoonheid is.”

Dit was die hoofdoel van Peter Lindbergh, een van die wêreld se topfotograwe se 2017-Pirelli-kalender.

[caption id="attachment_164550" align="alignnone" width="650"]Julianne Moore. PHOTO: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar Julianne Moore. Foto: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar[/caption]

Die kalender, wat ’n paar dae gelede in Parys bekendgestel is, toon 14 wêreldbekende aktrises, waaronder Penélope Cruz, Nicole Kidman, Rooney Mara, Helen Mirren, Uma Thurman, Julianne Moore, Lupita Nyong’o, Charlotte Rampling, Léa Seydoux, Jessica Chastain, Alicia Vikander, Kate Winslet, Robin Wright en Zhang Ziyi.

[caption id="attachment_164548" align="alignnone" width="650"]Robin Wright. PHOTO: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar Robin Wright. Foto: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar[/caption]

Hy het ook Anastasia Ignatova, professor in politieke teorie aan die Moskouse Staatsuniversiteit, ingesluit.

“In ’n tyd wanneer vroue in die media en oral anders verteenwoordig word as ambassadeurs van volmaaktheid en jeug, het ek gereken dit is belangrik om almal daaraan te herinner dat daar ’n ander soort skoonheid bestaan wat baie meer eg en waar is en nie gemanipuleer word deur kommersiële en ander belange nie; ’n skoonheid wat spreek van individualiteit, die moed om jouself te wees en jou eie private sensitiwiteit,” verduidelik Peter.

[caption id="attachment_164549" align="alignnone" width="650"] Uma Thurman. PHOTO: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar Uma Thurman. Foto: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar[/caption]

Ter verduideliking van die titel “Emotional” het hy gesê die doel is om te beklemtoon op watter manier die gedagte agter sy foto’s was “om nie ’n kalender oor volmaakte liggame te skep nie, maar oor sensitiwiteit en emosie, om die modelle te stroop tot in hul siel, wat op hierdie manier meer naak as nakend raak.”

[caption id="attachment_164555" align="alignnone" width="650"]Lupita Nyong’o. PHOTO: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar Lupita Nyong’o. Foto: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar[/caption]

“My doelwit was om vroue op ’n ander manier uit te beeld,” sê Peter.

[caption id="attachment_164554" align="alignnone" width="650"]Kate Winslet. FOTO: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar Kate Winslet. FOTO: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar[/caption]

“En ek het dit gedoen deur aktrises wat ’n belangrike rol in my lewe gespeel het, te nader en so na as moontlik aan hulle te kom ten einde my foto’s te neem.

[caption id="attachment_164556" align="alignnone" width="600"]Alicia Vikander. PHOTO: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar Alicia Vikander. Foto: Peter Lindbergh/ Pirelli Calendar[/caption]

“Ek voel, as kunstenaar, verantwoordelik daarvoor om vroue van die idee van ewige jeug en volmaaktheid te bevry. Die ideaal van volmaakte skoonheid, soos deur die gemeenskap daargestel, is iets wat bloot nie bereik kan word nie.”

Lees meer oor Peter Lindbergh se werk hier.