Dié app is deur Nestlé Nido 3+ bekendgestel en sluit interaktiewe speletjies in soos Forgotten Castle, Pearl Beach en Story House. Dit kombineer ouerinteraksie met kognitiewe stimulering. Dit het ook ’n spesiale leerfunksie, kompleet met wenke en kennersraad, vir ma’s wat hul kind se vordering wil help monitor.

“Dit is baie belangrik dat kleuterskoolkinders gestimuleer word deur relevante en betekenisvolle 21ste-eeuse temas wat hul brein aanmoedig om te leer. Die STIMULEARN-app is prettig, innemend en bied ’n alternatiewe leerinstrument wat fundamentele lesse vir die kind bied,” sê die opvoedkundige konsultant Gavin Keller.

STIMULEARN kan aanlyn sowel as aflyn gebruik word, en dit kan gratis van iOS en iStore afgelaai word. Besoek nidokids.co.za vir nog inligting.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.