In dié episode vind twee van Oppiekoffie se kelnerinne, Amorey (Kristen Raath) en Petro (Carla van der Merwe), wat al geruime tyd verlief is op Logan (Simon Tuit), uit hy is eintlik gay. Tot hul verbasing soen Logan sy man, Divan (Arnu de Villiers), voor almal in die bekende koffieplek.

En het kykers nie omtrent hul mening op 7de Laan se Facebook-blad gelug nie!

Ramona Nicholas skryf: “Dankie, 7de Laan, dat julle kykers bewus maak van wat in die regte lewe aangaan.”

Ashley Kruger skryf: “Welgedaan, 7de Laan! As ’n trotse getroude gay man moes dit lankal gebeur het!”

Engela Swart skryf: “Dit was skreeusnaaks. Ek wonder maar steeds of dit nie ’n toneel was om vir Amorey en Petro van sy rug af te kry nie. Geskree soos ek lag vir die twee vroumense se stilstuipe.”

Die reaksie was meestal positief, maar daar was ook ’n paar minder gelukkige kykers.

Marelize Pretorius-de Jager sê niemand sal haar van haar mening laat afsien nie. “Julle het my opinie gevra en ek gee dit . . . WALGLIK! Ek het gegril soos ek nog nooit gegril het nie.”

Adriaan Attie Engelbrecht sê dit sal niemand se lewe verander nie. “Ai ai ai! Nou hou julle julle al weer besig met nonsense. Daai soen het niks aan enigiemand se lewe verander nie.”

Kyk na die oomblik by 14 minute: