Earth to Echo is’n wetenskapsfiksiefliek gemik op kinders en kan as goeie vakansievermaak dien. Dit handel oor drie tienervriende, Tuck (Brian Bradley), Munch (Reese Hartwig) en Alex (Teo Halm), wie se lewe onherroepelik verander omdat hul buurt plek moet maak vir ’n snelweg en hul gesinne na verskillende plekke wegtrek. Twee dae voor hulle afskeid moet neem, ontvang hulle vreemde seine op hul selfoon. Hulle probeer die oorsprong van die sein vind en kom dan af op ’n ruimtewese wat hul hulp nodig het om weer by die huis te kom.

Kofi Outlaw van screenrant.com gee die fliek drie sterre. “Die fliek kan beskryf word as ’n kruising tussen The Goonies (1985) en E.T. (1982) wat veronderstel is om soos amateur-opnames te lyk,” skryf hy. “Dit vang baie van die betowering en warmte van E.T. vas en voeg die avontuur en gevaar van Goonies by, maar word teruggehou deur die beperkings van die verfilmingstyl. Die eindresultaat is ’n vars tog oorbekende wetenskapsfiksie-avontuur vir tieners, wat nie so goed is soos wat dit kon wees nie, maar steeds vermaaklik genoeg is.”

Kyk die voorprent hier:

- Sandra Visser