Die 34-jarige sangeres is die ma van die 11-jarige Sean en die 10-jarige Jayden by haar eksman, Kevin Federline. Maar Woensdag het sy dié twee haar “dekselse kinders” genoem toe sy beeldmateriaal deel waar haar seuns saamgespan het om haar skrik te maak. Die video begin waar Sean in die kamera, wat Jayden vashou, sê: “Ons gaan nou vir ma vreeslik skrikmaak. Ons het haar foon gesteel en . . . hier kom sy!”

My damn kids ?

A video posted by Britney Spears (@britneyspears) on

Toe Britney om die hoek kom, gil Sean – wat die sangeres gillend op die vloer laat val het terwyl sy “Preston!” (Sean se tweede naam) skree.

Lees ook: Britney Spears draai by die dood om

Die greep eindig waar Sean ’n bose lag uiter, duidelik ingenome met sy ma se reaksie op die poets.

Hoewel Britney nie alte ingenome was met haar seuns se gekskeerdery nie, het die sangeres ’n hegte verhouding met haar nasate.

Die ster van Make Me het verlede maand in ’n onderhoud gesê sy gee Sean en Jayden erkening daarvoor dat hulle haar gehelp het om dit wat sy “verlammende angstigheid” genoem het, te oorkom.

Sy het voorts gesê al is haar persoonlike lewe dalk nie tans vol romanse nie, gee sy nie om nie, want sy het ’n hegte band met haar seuns.

Lees ook: Britney Spears bring roerende hulde aan haar seuns

“Ek het baie dinge deurgemaak en ek het by hierdie punt gekom waar ek goed voel omdat ek enkellopend is. Die beste verhouding wat ek al gehad het, is met my seuns,” het sy aan die Britse tydskrif Marie Claire gesê.

Sy en die seuns se pa, Kevin, is in 2004 getroud, maar die twee is in 2007 geskei.

Dit het gelyk asof Britney geluk gevind het saam met Jason Trawick, haar agent wat haar kêrel geword het toe hy in Desember 2011 die jawoord vra, maar die paartjie het in Januarie 2013 hul verlowing verbreek.

Die sangeres van Toxic is ’n alleenloper sedert haar en Charlie Ebersol, die rolprentregisseur, se paadjies in Junie 2015 geskei het.

© Cover Media