Welkome reën het landwyd chaos op paaie veroorsaak. Die vakansieverkeer het Dinsdag aanvanklik glad verloop, maar die reën het motoriste se bestuursvernuf beslis beproef. “Motoriste pas nie hul spoed aan wanneer hulle op die nat paaie bestuur nie,” sê adv. J.W. Jonck, bestuurder van die Arrive Alive-webtuiste. Op dieselfde webtuiste is ’n video gedeel deur Sean Badenhorst, 'n Johannesburger en voormalige redakteur van Bicycling Magazine South Africa. Daarin sokkie reisigers in die reën op die R47-pad van Harrismith af, terwyl hulle wag dat ’n verkeersvertraging opklaar.

Sean vertel op sy Facebook-tydlyn twee vragmotors in die pas het die pad versper en dat die verkeer begin ophoop het.