A post shared by Calvin Klein (@calvinklein) on

Pas nadat Ali verlede Sondagaand die goue beeldjie vir beste manlike byspeler gewen het, is bekendgemaak die nuwe pa en die akteurs wat die hoofkarakter, Chiron, in verskillende stadiums van sy lewe uitgebeeld het, is die nuwe ambassadeurs van die topmodehandelsmerk. ’n Verteenwoordiger van Calvin Klein het Maandag die nuus in die sosiale media aangekondig en ’n swart-wit foto geplaas waarop die 43-jarige Ali ’n swart T-hemp aantrek terwyl hy sy maagspiere afwys en die handelsmerk op sy onderbroek se rek ten toon stel.

A post shared by Calvin Klein (@calvinklein) on

Die onderskrif by die foto lui: “Bekendstelling van die ’17-veldtog van mansonderklere. Die akteur Mahershala Ali dra ’n rondenek-T-hemp van 100 persent katoen.” Hulle het ook foto’s geplaas van Trevante Rhodes (27) waar hy agteroorlê op ’n leer-leunstoel met net ’n rekkatoen-heuponderbroek aan, terwyl hy sy welgevormde liggaam wys, en die 21-jarige Ashton Sanders wat die rekkatoen-bokseronderbroeke wys waar hy hom op ’n rusbank uitstrek.

A post shared by Calvin Klein (@calvinklein) on

Intussen is Alex R. Hibbert (12) afgeneem in ’n swart T-hemp met ’n ronde nek, terwyl hy vir Willy Vanderperre se kamera glimlag.

A post shared by Calvin Klein (@calvinklein) on

Verteenwoordigers van Calvin Klein het Sondagaand geskerts oor die samewerkingsooreenkoms aangesien Trevante, Ashton en Alex almal pakke van die ontwerper gedra het op die rooi tapyt. Naomie Harris, medester van Moonlight en benoem vir beste vroulike byspeler, het ook klere deur dié modehuis gedra.

Dis die tweede groot promosieveldtog vir Raf Simons, skeppende direkteur van dié vername handelsmerk, wat in Augustus verlede jaar daar begin werk het. Hy het in Januarie aangekondig dat Millie Bobby Brown, die nuweling-ster van Stranger Things, in 2017 op hul plakkate gaan pryk.

Nog bekendes wat al lyf gewys het om Calvin Klein se onderklere te bemark, is Justin Bieber, Kendall Jenner, Zoe Kravitz, Jamie Dornan, Djimon Hounsou en Mark Wahlberg.

© Cover Media