Opgewondenheid en afwagting was aan die orde van die dag sienende dat die verduistering Maandagaand omstreeks 18:00 begin het en tot 22:00 sal duur.

Dis die eerste keer sedert 1918 wat die verskynsel in die Verenigde State voorgekom het.

Gedurende sonsverduistering gooi die maan twee skadus – een is genaamd ’n umbra en die ander ’n penumbra.

’n Verduistering vind plaas wanneer die aarde of die maan deur ’n skadu beweeg.

Gemiddeld vind sonsverduistering een keer elke agtien maande plaas, berig Space.com. Daar is egter nooit sekerheid oor waar presies op die aarde die verskynsel gaan voorkom nie.

’n Algehele sonsverduistering is slegs sigbaar vanaf ’n klein gedeelte van Moeder Aarde.

Diegene, aan wie die verskynsel sigbaar is, is in die middel van die maan se skadu as dit die Aarde tref. Vir hierdie rare verskynsel om voor te kom moet die son, die maan en die aarde in ’n direkte lyn met mekaar wees.

Die hele VSA sal in vervoering wees met ’n gedeeltelike verduistering. Diegene aan die kus van Oregon tot aan die kus van Suid-Carolina sal egter die algehele verduistering in sy volle mag ervaar.

Volgens Space.com duur die verduistering vir ’n maksimum van 2 minute en 40 sekondes.

Die volgende sonsverduistering sal eers in 2024 plaasvind. 

Regstreekse uitsendings kan hier te sien wees.

Bronne: Space.com, NASA