Selfs al raak die lewe soms bedrywig, herinner Rolene Strauss en haar man, D’Niel Strauss, se kosbare bondeltjie haar gereeld daaraan dat geen uitdaging onoorkombaar is nie.

“Ek het altyd gedink ek weet wat is belangrik in die lewe totdat die een sy opwagting gemaak het," het sy by ’n onlangse foto van haar seuntjie op Instagram geskryf.

"Hy herinner my dat liefde en gehaltetyd saam met geliefdes al die lewe se uitdagings soos niks laat lyk nie,” skryf sy by die foto waar sy haar babatjie op haar bors liefkoos.

Nadat sy haar mediese studie aan die Universiteit van die Vrystaat vir twee jaar onderbreek het om eers Mej. Suid-Afrika en toe Mej. Wêreld te wees, het Rolene begin verlede jaar weer begin klas loop.

Net 10 dae ná haar en D’niel se seuntjie vanjaar op 6 Januarie gebore is, het sy met haar finale jaar aan Kovsies se mediese skool begin, haar doktersjas aangetrek en vir hospitaaldiens aangemeld.

En minder as twee maande ná haar babaseun se geboorte lyk sy beeldskoon, ten spyte van die minder slaap.

Maria Mashinini, wat al 24 jaar vir die Strauss-gesin op Volksrust werk, het vir die jaar by Rolene in haar woonstel in Bloemfontein ingetrek om haar met die baba te help. Al is haar dae as mediese student bedrywig, laat haar kleinding haar hart oorloop van dankbaarheid en vreugde. Sy bring elke moontlike oomblik saam met haar prinsie deur.

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

“As ek nog nie geweet het hoe dit voel om bereid te wees om vir iemand voor ’n motor in te loop of my lewe vir iemand neer te lê nie, weet ek nou regtig hoe dit voel,” het sy onlangs aan Huisgenoot gesê.