Luidens berigte het die vliegtuig in vlug ontplof voordat dit neergestort het. Dit het ’n vragmotor getref wat besig was om produkte by die sentrum af te laai.

Sover bekend het al vier die insittendes van die ligte vliegtuig in die voorval gesterf. Na bewering was die vlieënier van Switserse afkoms en die drie passasiers van Frankryk.

Volgens die nuuswebwerf itv is daar die moontlikheid dat ’n vyfde persoon ook gesterf het. Dit is waarskynlik die vragmotorbestuurder. Die vliegtuig, na bewering ’n Piper PA-31TR Cheyenne II, het glo drie dae gelede uit Geneve vertrek waarna dit eers by Marseille in Frankryk geland het voor dit op Tires neergestryk het. Die ontploffing het glo plaasgevind kort nadat die vliegtuig vanaf Tires vir ’n volgende vlug opgestyg het.

Bronne: au.yahoo.com, thesun.co.uk, itv.com