Op die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou op die kassie spog sy dalk met ’n modieuse, kort kapsel, maar Minki van der Westhuizen, die reeks se nuwe aanbieder, het besluit dis tyd vir ’n verandering wat haar haarstyl betref. Die mooie Minki (32) het Dinsdag op Instagram ’n foto van haar in ’n haarsalon gedeel en laat val “ ’n verandering is op pad”.

A change is gonna come.....keep an eye on my blog to see the 'results'

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on
Nou is die aap uit die mou! Die model en ma van twee het vandag dié foto op Instagram gedeel en op haar blog vertel sy spog nou met langer hare nadat sy haarverlengings gekry het.
“Ek het nog altyd daarvan gehou om te ‘eksperimenteer’ met my hare, nie soseer met die kleur nie, maar met die lengte,” skryf Minki op haar blog. “Dis geen geheim dat jou hare die kroon van jou kop is nie en dat dit jou kan maak of breek nie. Ek hou daarvan om my hare te verander, want dit sal altyd teruggroei,” sê Minki, wat die laaste ruk ’n modieuse skouerlengte kapsel gehad het.

It's beginning to look a lot like Christmas!!!!! My favourite time of year!! #celebratingJesus

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

“Ek was mal oor my kort hare, maar ek is behep met lang hare en ek het geweet ek moet dit weer probeer.

“Ek het twee keer tevore verlengings gehad en dit albei kere gehaat oor die manier hoe dit aan my eie hare geheg was. Ek het nou verlengings wat met kleefband aangeheg word en hulle belowe dit sal glad nie jou hare beskadig nie. En ná ’n goeie nagrus kan ek eerlik sê dit voel gemaklik.”

Ons is mal oor jou nuwe voorkoms, Minki!