Die verstommende beeldmateriaal wys hoe ’n gesin vanaf die vyfde vloer uit hul brandende woonstel spring.

Die gesin is gedwing om van die balkon af te spring toe die vyfde verdieping van die woonstelblok in Rusland waar hulle woon, aan die brand slaan.

Omstanders het die paniekbevange gesin gesien en nader gestaan om ’n “mensgemaakte trampolien” te vorm waarop die mense kon val nadat hulle sowat 18 m deur die lug getrek het.

Lees ook: Pensioenaris sowat 19 m deur roltrap gesleep ná dit onder hom meegee

Een van die omstanders het die reddingspoging op kamera vasgelê en sedertdien het duisende mense die video gekyk.

In die video borrel die rook uit die woonstel se vensters terwyl omstanders die gesin help, sonder enige nooddienste in sig.

Die twee kinders, Zjenjoe en Ksenia, het eerste gespring voor hul ma, Elena, en pa, Witali, kort daarna gespring het.

Elena het oor die rand van die balkon geklim en gespring terwyl Witali ’n paar oomblikke gehuiwer het voor hy gespring het.

“Die dik swart rook was oral in ons woonstel; ons kon nie daaruit kom nie,” sê Elena.

Lees ook: Ma breek eie dogter se been meer as 300 keer om te keer dat dit afgesit word

“Ons kon nie asemhaal nie en my 11 maande oue baba ly aan ’n hartkwaal.

Dit was die enigste uitweg, sê Elena. Sy en haar twee kinders het veilig geland, maar Witali het ’n besering opgedoen en is na die hospitaal gebring.

Die woonstelblok is ontruim en nooddienste het kort daarna daar aangekom.

Bronne: mirror.co.uk, independent.co.uk, youtube

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende rooftog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

’n Maklike manier om alkohol vaarwel toe te roep

Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue