[caption id="attachment_167972" align="alignnone" width="600"]Foto: Instagram/ Simone Taylor Foto: Instagram/ Simone Taylor[/caption]
Die 16-jarige Simone Taylor het haar naels in 2014 laas geknip en sedertdien haar eie modestelling gemaak. Volgens die tiener neem dit drie uur om haar naels te verf en sowat ’n uur en ’n half om naellak daarvan te verwyder. Sy was eers nie van plan om haar naels so lank te laat groei nie, maar het so baie komplimente gekry dat sy besluit het om dit nie af te knip nie. En nou is dit 15 cm lank.

Sy het aan The Sun gesê sy moes sedertien weer leer skryf en moet met haar kneukels op ’n sleutelbord tik. “Ek skryf nou eksamen en dis moeilik om te skryf. Ná ’n uur van skryf is my hande baie seer. Op die rekenaar moet ek met my kneukels tik. Gelukkig het Duitse skole net klerereëls nie, daarom veroorsaak ek nie daar probleme nie. Ek weet nie of jy al met jou kneukels probeer tik het nie, maar ek kan bevestig dit is baie, baie moeilik,” sê sy. Sy sukkel ook met aktiwiteite soos sportdeelname, klere aantrek, stort en haar hande deur haar hare trek. Haar grootste vrees is dat haar naels afbreek of geknip word.

“Ek moet ook versigtig wees wanneer ek aantrek. Selfs al breek my naels nie, is dit baie seer wanneer dit aan klere vashaak. Daarom beweeg ek baie stadig. ’n Hemp toeknoop kan ’n ewigheid duur. Ek en my vriende het geklim oor ’n hek wat vasgesteek het en toe ek afspring, het my middelvinger se nael aan die metaal vasgehaak en gebreek.” “Ek het begin huil en onthou ek het geskree: ‘Hoekom my nael? Enigiets anders as my nael . . .” het sy vertel. Taylor het ’n Instagram-blad waarop sy met haar naels spog en haar volgelinge wil inspireer.

“Ek hoop ek kan mense inspireer, nie net om hul naels te laat groei nie, maar ook om aan te hou om hul ding te doen, al hou almal dalk nie daarvan nie.”

Gelukkig is Duitse skole nie baie streng nie en mag sy met haar lang naels skool toe gaan en hulle so lank laat groei as wat sy wil.

Bronne: The Sun, The Mirror, Metro