Die Durban Christian Centre (DCC) in Durban is Dinsdagmiddag deur vlamme verswelg. Die reuse- Jesus-koepel van die DCC-kerk, wat kort duskant die N3 geleë is, het om onbekende redes aan die brand geslaan. Volgens RescueCare se woordvoerder, Garrith Jamieson, is meer as die helfte van die kerk reeds afgebrand. Oogetuies op die toneel het op Twitter gesê die gebou is reeds tot op die grond afgebrand.

Party het die brandende kerk met 'n vuurspuwende vulkaan vergelyk.
Tot dusver kon die oorsaak van die brand nog nie bepaal word nie.