Daar word vermoed dat die brand op die 35ste verdieping van dié toring met sy 75-verdiepings uitgebreek het. Brandende stukke puin het van hoër op afgeval op van die onderste vloere se balkonne en so die brand help versprei. Volgens wat berig word, is honderde mense uit die gebou ontruim, maar gelukkig is niemand sover bekend in die voorval beseer nie.

Tussen 10 en 15 verdiepings het skade opgedoen.

Die Sulafa Tower, met sy 700 wooneenhede, is die 127ste hoogste gebou in die wêreld. Daar het ook in 2012 ’n brand op die 36ste verdieping uitgebreek. Dit is ook die vyfde wolkekrabber waarby daar die afgelope paar jaar ’n brand uitgebreek.

Bronne: timeoutdubai.com, rtl.nieuws.nl, irishmirror.ie, news.sky.com