’n New Yorkse man pryk nou met ’n blou-oog nadat iemand hom op die treinstasie in New York geslaan het omdat hy soos.

Mario Licato (26) was besig om by die trappe op te klim oppad na een van sy vriende se konserte by ’n plaaslike kroeg, toe iemand hom onverwags ’n hou in die gesig gee.

“Ek het net ’n vuis na my gesig sien kom,” sê Mario. Toe hy weer sien, is hy oppad af met die trappe – gesig eerste!

Hy hoor toe iemand in die agtergrond skree, “Dis omdat jy presies soos Shia LaBeouf lyk!”

Lees ook: Gedoriewaar, sien ons dan nou dubbel? Mario vertel aan People hy was vir ’n oomblik bewusteloos. Hy het wakker geword met ’n bebloede gesig en gebreekte bril op sy neus.

A photo posted by Mario Licato (@mariolicato) on

“Is ek gek? Of het daardie man nou gesê dit het gebeur omdat ek soos Shia LaBeouf lyk?” het Mario homself af gevra. ’n Paartjie wat die insident sien gebeur het, het hom gehelp. “Dis presies wat hy gesê het,” het die paartjie bevestig. Die polisie is besig met ’n ondersoek en Mario sê hy hoop “die polisie vind uit wie die mal persoon was.”

A photo posted by Mario Licato (@mariolicato) on

Lees ook: Ontmoet Taylor Swift se doppelganger

Daar is wel ’n paar goedjies waaroor Mario wonder en wat hy vir die aanvaller sal wil vra soos wat Shia LaBeouf aan hom gedoen het dat hy hom wou slaan.

“Was dit een van sy optredes? Of het die man sy meisie gesteel?” wonder Mario.

Mario hoor gereeld hy lyk soos die Transformers-akteur en kan sien hoekom mense so dink.

Hy self is ’n Shia-aanhanger. “Ek hou van hom. Ek dink hy’s koel.”

BRONNE: PEOPLE.COM, NYDAILYNEWS.COM

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Tweejarige seun skiet ma glo dood terwyl sy bestuur

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!