Koes daar!

crazytyre

’n Man van Brasilië het ’n noue ontkoming gehad toe ’n wegholmotorband hom agter die kop tref.

Roberto Carlos Fernandes (50) se ribbes en skedel is gekraak toe die band hom teen die agterkop tref.

Die fratsongeluk is op video vasgevang. Daarin kan gesien word hoe Roberto en sy vrou op die dorpie Ipatinga in Brasilië op die sypaadjie stap. Asof uit die niet kom ’n motorband skielik reguit op Roberto afgepyl. Onbewus daarvan hou hulle net aan met loop.

Die band het luidens berigte losgekom van ’n motor op ’n hoofweg. Dit kan in die boonste hoek van die video gesien word. Die band het oor ’n grasperk gerol, bo-oor ’n straat tot waar dit Roberto agter die kop getref het.

Die slag het hom vooroor laat val. Hy was langer as 10 minute bewusteloos. Volgens ’n plaaslike joernalis, Gil Souza, is Roberto daarna in die hospitaal opgeneem. Hy is in ’n stabiele toestand.

Kyk hier na die video, maar wees gewaarsku: dis nie vir sensitiewe kykers nie:

Bronne: LiveLeak, Daily Mail