Die grafiese ontwerper Lorenz Valentino steek lekker die draak met beroemdes. Dié Photoshop-wonder, wat ook die naam Dino gebruik, span sy verstommende vaardighede in om hom so slim op bekendes se foto’s in te wurm dat dit moeilik is om te glo hy hang nie regtig saam met hulle uit nie.

Sy nuwe spul “glansvriende” is onder andere Mark Zuckerberg, Adele, Kanye West en Taylor Swift.
Op elke foto verskyn die Photoshop-foendi, met ’n dinosourus-kostuum aan, op ’n kreatiewe, snaakse of omstrede manier of in so ’n situasie saam met rolprentsterre, sangers en selfs politici.
Jy kan Valentino, wat homself as ’n “dino, model en akteur” beskryf, se verregaande avonture – van Victoria Beckham se beenhare skeer tot aan Kim Kardashian se oor knibbel – op sy Instagram-rekening volg by @lorenzovalentino. Hier is ’n paar van ons gunstelinge:

© WENN