Adrian woon die afgelope sewe jaar in Duitsland en tel deesdae onder die geledere van die grootste ongewerweldediertelers in Europa.

Lees ook: So lyk ’n McDonald’s Happy Meal glo ná SES jaar

Wat aanvanklik sy stokperdjie was, is nou ’n volwaardige beroep. Sy “teelkamer” is propvol plastiekhouertjies vol allerhande soorte insekte – van die alledaagse sprinkaan tot eksotiese, raar spesies.

Adrian se hoofbron van inkomste is professionele kopers van ongewerwelde diere. Talle van die insekte word byvoorbeeld gebruik vir mediese navorsing, en troeteldierwinkels en mense wat net so gek is oor hierdie kreature staan tou om van sy “produkte” te koop.

Lees ook: Ontmoet Pandora, ’n baie spesiale tarantula

Onlangs het Adrian ’n kort videogreep op sy Facebook-blad gedeel waar hy met minstens vyf sweepspinnekoppe op sy lyf paradeer. Dié geleedpotiges behoort tot die orde Amblypygi en is deel van die klas spinnekopagtiges en die subfilum Chelicerata.

Sweepspinnekoppe se amperse stomp lyf en lang, delikate pote lyk soos iets wat inderhaas met oorskietparte aanmekaargelas is.

Hulle gebruik basies ses pote om mee te loop terwyl die voorste twee ’n sweep-aksie uitvoer en soos sensoriese ontvangers werk. Die voorpote is ook so aangepas dat dit prooi kan gryp en vashou.

As hulle jou vinger in die hande kry, kan dit dieselfde soos ’n doringsteek voel. Gelukkig is hulle nie giftig nie!

Kitsfeite:

Geleedpotiges (antropode) kan in vier subfilums verdeel word.

Chelicerata sluit spinnekoppe, miete en skerpioene in.

Crustacea (skaaldiere) bevat sowat 50 000 spesies, onder meer krappe, krewe, eendmossels en krewels.

Hexapoda sluit ook insekte in. Dié diere word in drie verdeel: kop, borsstuk en agterlyf.

Myriapoda is die subfilum waar jy oorkruipers (honderdpote) en duisendpote sal aantref.

Bronne: YouTube, viralsubjects.com, mailonline.co.uk, facebook.com/Insecthaus, animals.about.com

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ook op huisgenoot.com:

Man steek petrolpomp aan die brand toe hy van spinnekop wou ontslae raak

Bobby van Jaarsveld in hospitaal

Enkellopend of saam, hier is jou Valentynsdag-oorleefgids

Atiesjoe! Hoekom sê jy ‘gesondheid’ as iemand nies?