’n Seuntjie genaamd JJ Buhanan-Decker van St. George in die Amerikaanse deelstaat Utah se ma sal hom nooit kan vashou en koester nie. Maar sy sal hom wel gereeld saans aan die slaap kan sing.

Dis ’n harsteer storie met ’n bittersoet einde. JJ is die seuntjie van Jared en Sharry Buhanan-Decker. Hy was die geskenkie waarvan hulle gedroom het. Hulle was 12 jaar getroud en kon skaars wag om die nuweling te verwelkom.

JJ se geboorte deur middel van ’n keisersnee het vlot verloop. Maar Sharry het met haar lewe geboet. Sy het vermoedelik ’n seldsame toestand opgedoen waar die vloeistof wat die fetus omring, die ma se bloedstroom binnedring. Dit veroorsaak abnormale bloedstolling en in Sharry se geval, selfs die dood.

Maar iets wonderliks het gebeur terwyl 'n verslae Jared (33) deur aandenkings gegaan het wat Sherry agtergelaat het. Hy het ses opnames van liedjies op sy rekenaar gevind wat Sherry jare gelede geskryf het.

Hy kon egter nie die formaat daarvan omskep nie en het sowat drie maande gelede die sosialemediaplatform Reddit om hulp genader.

Screen Shot 2016-11-02 at 15.36.33

Jared was oorstelp deur die reaksie. Tientalle het gereageer en kort voor lank het Jared een van die kosbaarste oomblikke weer teruggevind: sy geliefde Sherry se stem en 'n spesiale wiegieliedjie vir JJ!

Bronne: edition.cnn.com, kutv.com, reddit.com