Sy was net 36 – maar met ’n gewig van 134 kg het Misty Mitchell minstens 50 jaar oud gelyk.

Die jong ma van Wimberley het egter dinge op hul kop gekeer deur drank en koolhidrate uit te skakel – en nou weeg sy ’n soepele 72 kg.

[caption id="attachment_145029" align="aligncenter" width="600"]FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS [/caption]

“Ek lyk nou so anders dat mense my nie wil glo wanneer ek hulle vertel ek is 36 nie, wat fantasties is, want twee jaar gelede het dit gelyk asof ek in my middeljare is,” sê sy.

[caption id="attachment_145035" align="aligncenter" width="600"]FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS [/caption]

“My familie is uit die veld geslaan en as ek foto’s aanlyn deel, kan hulle nie glo dis ek nie.”

Misty het, toe sy op haar swaarste was, gesukkel om in haar motorsitplek in te druk en sy het gesukkel om haar eie sokkies aan te trek, want haar logge lyf was in die pad.

[caption id="attachment_145034" align="aligncenter" width="600"]FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS [/caption]

Sy het egter verlede jaar, terwyl sy besig was om ná ’n operasie vir ’n gebreekte rugwerwel te herstel, besluit genoeg is genoeg – sy het haar reusagtige alkoholinname, wat meer as 4 000 kJ per dag beloop het, vaarwel toegeroep en ook haar koolhidraat-inname verminder.

[caption id="attachment_145032" align="aligncenter" width="600"]FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS [/caption]

Sy het met gewigte begin oefen en het ook haar dieet verander deur haar vet-inname van 60 tot 25 persent te verlaag.

[caption id="attachment_145031" align="aligncenter" width="600"]FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS [/caption]

Misty, wat geglo het sy lyk middeljarig toe sy op haar swaarste geweeg het, word nou oorval deur mense wat sê sy lyk twee dekades jonger.

“Ek lyk werklik goed. Die meeste mense sê dit lyk asof ek ’n klomp jare afgeskud het, of dat dit lyk asof ek in my 20’s is.

“Selfs ek kan nou die verskil sien. Ek het nou ’n duidelik gedefinieerde nek en kakebeen en dit is werklik bemoedigend. Ek het voorheen ’n groot akkedis-ken gehad en ’n mens kon glad nie my nek sien nie.”

“Dit voel asof ek 20 jaar van my ouderdom afgeskud het en ek lyk beslis ook so.

[caption id="attachment_145033" align="aligncenter" width="600"]FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS FOTO: MISTY MITCHELL / CATERS NEWS [/caption]

- Magazine Features