Snotkop het heelwat aanhangers, maar ’n paar wat meen hulle is lewenslange bewonderaars, het sy naam op hul lyf laat tatoeëer.

Die rapper het onlangs ’n foto op sy Instagram-profiel gedeel van een van sy aanhangers wat sy naam op haar skouer laat aanbring het.

#fantattoo ???

A photo posted by Snotkop (@snotkop) on

Hy sê dit roer hom as sy aanhangers so iets doen.

“Ek is self ’n groot liefhebber van tatoes. Ek het self nege. Elkeen met sy eie persoonlike, diep betekenis.

“Wanneer iemand na my toe kom met ’n fan tattoo, bars my hart van waardering en liefde, want dit voel of ek iets reg doen in my lewe, iets spesiaals vir iemand beteken en dalk ’n verskil maak.”

Somer is die business! #hkgk #vathomsoosnvrydag #alisditmaandag

A photo posted by Snotkop (@snotkop) on

Hy sê dit is nie die eerste keer dat ’n aanhanger iets van hom in ink aan hul lyf aanbring nie.

“ ’n Paar fans het my handtekening laat tatoeëer en ’n ander het die lirieke van my liedjie Song vir Dad op haar skouer laat ink.

“Dis ’n eer as mense besluit hulle dra iets van my op hul lyf vir ewig; dit voel onwerklik,” sê hy.