As daar nou één fliek was wat die wêreld om verskeie redes aan't gons gehad het, was dit Fifty Shades of Grey.

Die fliek, gebaseer op die onbeskrooomde hygroman van E.L. James, het meer as $500 miljoen by die loket wêreldwyd geïn en was tot nou toe Universal Pictures se suksesvolste fliek óóit met 'n hoë ouderdomsbeperking.

Daar was diegene wat absoluut gek was daaroor, en dan natuurlik was daar diegene wat kwalik die titel wou uitspreek. Tussendeur ook die groep wat dit waarskynlik meer as een keer gekyk het, maar tjoepstil gebly het daaroor . . .

Maar oor twee aspekte is daar eensgesindheid: Jamie Dornan en Dakota Johnson is beslis die moeite werd om na te kyk. En nou is die langverwagte lokprent van die opvolgfliek Dinsdag uitgereik.

So het dit op Twitter gekook voor die uitreiking van die lokprent