Die gewilde sanger Kurt Darren het sy dogtertjie vroegoggend op Twitter gelukgewens. “Baie geluk aan ons engelkind Kyrah met haar tweede verjaardag vandag. Ons is so, so baie lief vir haar!”

Hy het ook ’n foto gedeel van Kyrah by ’n sjokoladekoek met twee brandende kersies daarop. Ander mense het Kyra ook gelukgewens. Kurt het ’n twiet van ene Dawn Jackson gedeel, waarin sy Kyrah gelukwens. Sy skryf: “Happy birthday, beautiful Kyrah. Hope your day is as special as you are.” Ene Soné skryf op Twitter: “Baie geluk met liefste Kyrah se verjaardag @KurtOfficial & @DUNAYNORTJE! Mag dit ’n geseënde, vreugdevolle jaar wees vir julle vier! Liefde.” Ene Mari skryf aan die sanger en sy vrou: “Baie, baie geluk, blouoog meisiekind. Jy verryk almal se lewe met jou glimlag! Jy’s kosbaar!”

En 'n trotse ouma laat nie op haar wag nie.