Hierdie leeumoeder wat die eerste paar maande van haar welpie se lewe van haar trop geskei was, is in Mei vanjaar in die Nasionale Kruger-wildtuin op film vasgelĂȘ. Sy word die eerste keer gesien toe sy haar welpie oor die pad dra en hom neersit... Hy is die dierbaarste, spelerigste dingetjie op aarde!

Die video is op die YouTube-profiel van die wildtuin geplaas en deur die reisiger Cornel Rademeier op die Facebook-blad van Traveller24 gedeel.

Die video is opgeneem op die pad tussen Krokodilbrug en die Malelane-hek in die suidelike deel van die wildtuin.