Die man het gehore by ’n sirkus in die Ha Nam-provinsie in Viëtnam vermaak.

[caption id="attachment_163758" align="alignnone" width="600"]Foto: Youtube-skermgreep Foto: Youtube-skermgreep[/caption]

In die video kan gesien word hoe die man langs die krokodil neerbuig en die reptiel begin streel terwyl hy sy kop ál nader aan die krokodil se bek bring.

Ewe skielik is daar ’n gegil uit die gehoor toe die dier sy bek toeklap en die arme man drie, vier keer heen en weer ruk voor hy uit die kake losruk.

Terwyl talle stemme uit die gehoor opklink, bedek die man sy gesig in sy hande terwyl die bloed stroom.

Kort ná ’n handdoek vir die man gegee word, word hy weggelei.

[caption id="attachment_163757" align="alignnone" width="600"]Foto: Youtube-skermgreep Foto: Youtube-skermgreep[/caption]

Volgens Dailymail.co.uk het die krokodil wat oorspronklik deel van die opvoering was kort voor die konsert gesterf en moes ’n plaasvervanger inderhaas gebruik word.

Ha Nam se departement van kultuur, sport en toerisme het die onbekende sirkusgroep uitgenooi om by die Liem Can-kommune in die distrik Thanh Liem op te tree, sê Pham Van Do, die area se administratiewe voorsitter.

“Ons kan gelukkig wees dat dit net ’n ligte wond is. Die kunstenaar word in die Ha Nam Algemene Hospitaal versorg en sy gesondheid is reeds beter. Daar is geen teken van ’n lewensbedreigende toestand nie,” sê Pham.

“Die polisie ondersoek die saak,” sê hy verder.

Bronne: Dailymail.co.uk, Thesun.co.uk, Metro.co.uk