Het jy jou al ooit verkyk aan hoe volmaak sterre op hul Instagram-foto’s lyk? Wel, gaan besoek dan gerus Celeste Barber se blad vir ’n goeie dosis werklikheid.

Dié Australiese komediant gebruik haar Instagramblad om al daardie “volmaakte” foto’s te herskep – met baie snaakse resultate. Onthou jy daai foto van Kendall Jenner waar haar hare so kunstig om haar kop rangskik is? Celeste het wêreldwyd bekend geraak toe sy vir haar eie weergawe poseer, maar dit toe nie heeltemal dieselfde lyk nie.
Die ster van die Australiese program How Not to Behave het al die draak gesteek met sterre soos Kim Kardashian West, Serena Williams, Miranda Kerr, Victoria Beckham en Justin Bieber – en in die proses ’n indrukwekkende 500 000 aanhangers op Instagram bygekry. Lees ook: Al die mylpale, prag en praal van Koningin Elizabeth se nege dekades op aarde

Ah, the pressures of school drop off. #celestechallengeaccepted #funny #victoriasecret

A photo posted by Celeste Barber (@celestebarber) on

Celeste (33) het aan People gesê sy het haar snaakse Instagram-foto’s onder die hutswoord #CelesteChallengeAccepted begin deel bloot omdat sy mense wou laat lag. “Ek wou sien hoe ek sou lyk as ek van die bevoorregte mense se ‘alledaagse, normale’ selfies sou na-aap. Ek hou ook daarvan om myself uit te daag. Ek het werklik geglo ek kan soos Serena met my bene gesprei grond toe sak – toe nie.”

Class. #celestechallengeaccepted #funny #hothusband #kimkardashian #yeezy @zooeydeschanel

A photo posted by Celeste Barber (@celestebarber) on

Getting match fit for the #ausopen2016 finals. #celestechallengeaccepted #funny #serenawilliams

A photo posted by Celeste Barber (@celestebarber) on

Die Kardashian-Jenners is natuurlik haar geliefkoosde teikens. In een van haar meer onlangse inskrywings boots Celeste die vreemde selfie na wat Kylie Jenner gedeel het waar sy haar hare verloklik in haar mond druk asof sy dit eet. Lees ook: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise In Celeste se weergawe eet sy ewe verleidelik, um, McDonald’s.
Die snaakse mamma het aan RunwayRiot gesê sy hoop om ander vroue te bemagtig en dat dit haar gelukkig maak om te weet sy inspireer tienermeisies om hulself te aanvaar.

A photo posted by Celeste Barber (@celestebarber) on

“Ek kry boodskappe van tienermeisies en die ma’s van jong meisies wat sê ek het hulle beter laat voel oor hulself. Dis ’n baie lekker gevoel. Daar word baie gesê oor die bemagtiging van vroue en wat vroue moet doen om bemagtig te voel. Ek hou daarvan om iets daadwerkliks te doen. My leuse is ‘a little less conversation, a little more action’ (uit ’n Elvis Presley-liedjie).”

HELP! My husband is a narcissist! #celestechallengeaccepted #funny #kimkardashian

A photo posted by Celeste Barber (@celestebarber) on

Celeste beskryf haarself as ’n “groot diva” en erken sy is nog gekker as haar aanlyn persona. “Ek het apies wat na my kinders kyk sodat ek in klapperolie kan bad terwyl ek myself google en my man my organiese, nie-gehomogeniseerde chia-sade voer.”

BRONNE: BOREDPANDA, RUNWAYRIOT, PEOPLE, INSTAGRAM, MAILONLINE

Lees ook op Huisgenoot.com:

Charlize Theron maak haar stem dik oor gelyke betaling in die bedryf

Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

‘Hy’s nou by ons seun’ – Prince se eksvrou lewer roerende huldeblyk aan die man wat sy ‘altyd sal liefhê’

Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is

Talle Afrikaanse kunstenaars pryk op Sama-nominasielys

Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur